Hinterland het ’n span insetbemarkers wat daarin spesialiseer om produsente te help met hul direkte insetaankope soos saad, chemikalieë, brandstof en kunsmis. Hierdie insetbemarkers werk saam met produsente as sakevennote in die landboumark.
InsetbemarkersHierdie insetbemarkers werk nou saam met Agri Credit Solution se Agri-finansieringsbestuurders om ondersteuning en leiding aan produsente te verskaf ten einde ingeligte besluite oor hul finansies en die gebruik van insetprodukte te kan neem. Daarbenewens kan die insetbemarkers produsente bystaan met die bestuur van hul totale kredietfasiliteite by ACS.
Meer oor FinasieringHinterland hou mieliesaadvoorraad van Dekalb, Pannar en Pioneer, sonneblomsaad van Pannar en Pioneer en koringaad van Syngenta en Pannar. Daarbenewens voorsien hulle sojaboonsaad van Agricol, Pannar en Pioneer op bestelling.
Hinterland hou voorraad van Gavilon-kunsmis en bied finansiering deur Agri Credit Solutions vir kunsmis wat verskaf word deur ander belangrike vervaardigers soos Omnia, Kynoch en Yara.
Hinterland, deur Agri Credit Solutions, bied finansiering vir produkte van alle belangrike gewasbeskermingsmaatskappye soos Laeveld Agrochem en InteliGro.
Ons is trots daarop om 'n betroubare verskaffer van noodsaaklike landbou-insette aan produsente regoor ons bedryfsgebied te wees.