Hinterland en KLK Landbou Groep is beide kleinhandelbesighede wat spesialiseer in die verskaffing van kwaliteit produkte vir verskeie boerderypraktyke. Hinterland bied 'n wye reeks landbou- en geriefsprodukte wat op die behoeftes van boere, sowel as die publiek, afgestem is. KLK Landbou Groep bedryf kleinhandel takke en Build It-winkels, wat noodsaaklike voorrade vir sowel landbou- as konstruksiebehoeftes verskaf.
Hinterland Aanlyn WinkelTakke KLK-WebwerfBeide maatskappye streef daarna om produsente met hoë gehalte produkte, soos dieregesondheidsprodukte, veevoer, besproeiingstoerusting en brandstof, te bemagtig. Boonop bied hulle 'n wye reeks geriefsprodukte aan die algemene publiek, insluitend hardeware en selfdoen-produkte.
Produkte & DiensteDie volgende opsies, tariewe, ooreenkomste en voorwaardes is van toepassing op klante:
Bestuur jou Hinterland PIN, Hinterland Fuels Rekening en ACS Rewards:
Toegang tot MySenwesHinterland is 'n toonaangewende kleinhandelsbesigheid en bied 'n diverse reeks produkte. Vanuit hul winkels diens Hinterland klante met 'n wye verskeidenheid items wat ondermeer dieresorgprodukte, buitelugtoerusting, klere en skoene, selfdoengereedskap, tuinbenodigdhede, huishoudelike benodigdhede, besproeiingsoplossings, en persoonlike beskermende toerusting vir veiligheid en sekuriteit, insluit. Daarbenewens bied Hinterland se werf- en stoorafdeling veevoere, boumateriaal, heinings en staal, gas, hout, smeermiddels, mieliemeel, tenks en krippe, behandelde pale, toedraai- en verpakkingsmateriaal, gewasbeskermingsprodukte, kunsmis en saad.
KLK Handel bedryf 'n netwerk van 19 kleinhandelstakke wat strek oor 'n wye geografiese gebied vanaf Pofadder in die weste tot Kuruman in die ooste en vanaf Rietfontein in die noorde to by Calvinia in die suide. Benewens het hulle ook vier Build It-boumateriaalkonsessies in Upington, Kathu, Kuruman en Postmasburg. Vir kliënte in Calvinia is daar die gerief van 'n Build It-afdeling in die winkel beskikbaar. Die nuutste toevoeging is KLK Pet World in Kathu
KLK Handel verstaan die uiteenlopende behoeftes van produsente, landboudeskundiges en die gemeenskappe waarin hul sake dryf en daarom is hul handelstakke goed toegerus met 'n omvattende reeks landbouprodukte.
Van dieregesondheidsprodukte tot selfdoengereedskap, het ons alles wat jy nodig het om jou boerdery te ondersteun.