Landbou-ekonomiese dienste | Verskaf deur

Senwes Finansiële Risiko Beheer

Wie ons is

Die landbou-ekonomie afdeling het ‘n doel om die finansiële lewensvatbaarheid en volhoubaarheid van boerdery- bedrywighede te verbeter, en te verseker dat hulle goed toegerus is om ekonomiese uitdagings te bestuur en groeigeleenthede te benut.

Laai Brosjure af

Wat ons bied

Die lanbou-ekonomie span staan boere by met onder andere landbou-ekonomiese studies, meganisasie beplannings en bedryfstakontledings sowel as interpretasie van finansiële resultate van boerdery eenhede.

Produkte en Dienste

Handelsmerk

Produkte en Dienste

Boerderybestuursontledings (E-Buro)

Evalueer finansiële prestasie en tegniese doeltreffendheid om plaasvolhoubaarheid te verbeter. Belangrike komponente sluit in:

Winsgewensheidsanalise

Identifiseer breekpunte, vergelyk dit met ander boere, en evalueer vertakkingswinsgewendheid om plaasbedrywighede te optimaliseer en risiko’s te bestuur.

Doeltreffendheidsanalise

Meet opbrengs op kapitaal, winsmarges, skuldlas, en arbeid/masjinerie doeltreffendheid, wat help om areas vir verbetering te identifiseer.

Met die Senwes E-Buro kan jy ingeligte besluite neem om doeltreffendheid, winsgewendheid en langtermyn plaas- sukses te bevorder.

Winsgewendheidsanalise

Die Senwes E-Buro doen winsgewendheidsanalises op gewas- en veevertakkings. Dit behels die vasstel van gelykbreekpunte van elke vertakking en die vergelyking daarvan met ander boere. Die winsgewendheid van elke vertakking word ook geëvalueer om te bepaal of hulle optimaal benut word in die boerdery. Die geïdentifiseerde gelykbreekpunte en tendense kan vervolgens gebruik word om graanpryse te bestuur en risiko's te verminder.

Doeltreffendheidsanalise

Die Senwes E-Buro bied 'n reeks dienste om die doeltreffendheid van jou boerdery te help optimaliseer. Dit sluit in die ontleding van die opbrengs op jou boerdery se kapitaal, die handhawing van positiewe winsmarges, die evaluering van die kritiese skuldlas en die meting van die produktiewe aanwending van kapitaal in jou boerdery.

Die E-Buro bied ook arbeidsontleding, wat insig gee in die effektiewe benutting van arbeid op jou plaas. Boonop kan meganisasiedoeltreffendheid met medeboere vergelyk word om areas vir verbetering te help identifiseer en dit verhoog jou plaas se algehele doeltreffendheid.

Met die Senwes E-Buro kan jy ingeligte besluite neem en proaktiewe stappe in plek sit om jou boerdery se doeltreffendheid, winsgewendheid en langtermynsukses te verbeter.

Rekeningkundige Ondersteuning

Die rekeningkundige ondersteuning-span speel 'n deurslaggewende rol in die verseker van akkurate finansiële rekordhouding vir boere. Verhoog die finansiële sukses van jou plaas met ons gespesialiseerde rekeningkundige ondersteuning en programdienste, spesifiek aangepas vir jou besigheidsbehoeftes.

Deur gebruik te maak van die nuutste sagteware, kan jy op-datum finansiële data behou, wat ingeligte besluitneming en strategiese beplanning vir die toekoms van jou plaas moontlik maak. Ons doel binne die Landbou-ekonomie afdeling is om die finansiële lewensvatbaarheid en volhoubaarheid van ons boere se bedrywighede te verbeter, en te verseker dat hulle goed toegerus is om ekonomiese uitdagings te navigeer en groeigeleenthede te benut.

Meganisasiebeplanning

Masjineriebeplanning verseker dat 'n plaas se spesifieke behoeftes nagekom word deur die mees ekonomiese en doeltreffende kombinasie van trekkers en implemente te bepaal, met inagneming van arbeid- en kapitaalvervangingsbeleide.

Meganisasiekoste, wat brandstof en herstelkoste insluit, kan tot 30% of meer van ‘n boerdery se direkte insetkoste vir ‘n produksieseisoen uitmaak. Boonop word ‘n kapitale belegging van tussen 25% en 32%, volgens studiegroep-syfers, belê in trekkers, implemente en toerusting. Dit regverdig dus dat ‘n boerdery ‘n volledige en omvattende meganisasiebeplanning doen om hierdie komponent van die boerdery te help bestuur.

Landbou-Ekonomiese Studies en Risikobestuur

  • Finansiële lewensvatbaarheid
  • Finansiële risiko dravermoë
  • Bepaling van minimum grootte plaaseenheid en gelykbreekpunte omset
  • Bepaling van gelykbreek graanpryse
  • Kapitaaluitbreiding /diversifikasie, en beleggingsbesluit
  • Herstrukturering van boerdery
  • Berekening van produktiewe grondwaardes
  •  

Ons help graag

Wat is jou behoefte?

Vir persoonlike en professionele boerderybestuursanalise en ondersteuning, kontak die Senwes E-Buro.

  • Boerderybestuurontledings
  • Rekeningkundige Ondersteuning
  • Meganisasiebeplanning
  • Landbou-Ekonomiese Studies & Risikobestuur
Send us a Voice NoteIt's all about convenience and efficiency.

Landbou-ekonomie

 
 
English