AgriRewards Plus Reëls

Die skenking sal aan 'n geregistreerde boerevereniging gemaak word wat sal besluit hoe om die skenking aan te wend, dit wil sê om te skenk aan of die plaaslike kerk, skool of ouetehuis of ander borgskappe te befonds.

Hoe kwalifiseer die boerevereniging vir die skenking en wat is die reëls?
  1. Individuele lede van die boerevereniging moet registreer of vir AgriRewards geregistreer wees voordat hulle aan AgriRewards Plus kan deelneem.
  2. Registreer jou boerevereniging by Senwes by www.senwes.co.za/af/agrirewards-plus of op die Senwes-toep.
  3. Besigheid wat gedurende elke maand met Senwes gedoen word, sal gebruik word om die opgelope skenking te bereken en sal apart van die AgriRewards-voordele vir elke lid verantwoord word.
  4. Die boerevereniging besluit in sy uitsluitlike diskresie om die kontantskenking vir enige gemeenskap of verwante inisiatiewe aan te wend, mits Senwes die geleentheid gebied word om die geleentheid/skenking wat verskaf word te dek en die geleentheid/skenking op verskillende media en sosiale platforms te publiseer.
  5. Indien daar meer as een boerevereniging is wat vir die skenking kwalifiseer, sal die skenking pro rata gedeel word.
  6. Benewens die opgehoopte voordele is 'n minimum bedrag van R10 000 (tienduisend) jaarliks ​​beskikbaar vir 'n skenking aan 'n geregistreerde boerevereniging.
  7. Verteenwoordigers van die Senwes Groep moet ten minste een keer per jaar vir 'n besigheidsverwante gesprek/vergadering met die boerevereniging genooi word. en geen waarborge in hierdie verband word gegee nie.
Hoe kry die boerevereniging die skenking?

Op skriftelike aansoek by die AgriRewards Plus span sal die opgehoopte skenkings aan die boerevereniging betaal word. Aansoeke om skenkings mag slegs elke ses (6) maande of twee keer per jaar gedoen word.

Die heersende AgriRewards-skemareëls in terme van definisies, dispute en algemene bepalings en voorwaardes is mutatis mutandis van toepassing op AgriRewards Plus.

AgriRewards+ Reëls

Beplanings en Voorwaardes

Skening aan Boereverenigings

Die Senwes Groep het die Senwes Groep Lojaliteitsbonusskema (“die Skema”), bekend as AgriRewards, geïmplementeer met die doel om langtermynverhoudings met die Senwes Groep-kliënte te skep en vol te hou deur hulle gereeld te beloon vir hul besigheid met die Groep, en sodoende die kliënteverhoudings te verbeter.

Senwes as ʼn rolspeler in die landbousektor met ʼn teenwoordigheid en bykans 300 besigheidseenhede regoor Suid-Afrika en Europa word oorval met versoeke vir skenkings.

Ongelukkig is dit nie finansieel moontlik om aan hierdie versoeke te voldoen nie. Gevolglik het Senwes AgriRewards Plus (+) geloods om die gemeenskappe by te staan deur die boereverenigings as ʼn kanaal te gebruik om plaaslike gemeenskappe te ondersteun en op te hef (vir die doeleindes van onderwys, sport, bejaardesorg, sekuriteit, ens.), en/of die vestiging en verbetering van kritieke infrastruktuur. Die boereverenigings is beter geskik om die uitdagings wat hulle plaaslike gemeenskappe in die gesig staar, te verstaan en te begryp.

AgriRewards Plus is dus die kanaal vir die skenkings en verskaf, met die hulp van die boereverenigings, ʼn gestruktureerde wyse vir die verspreiding van die skenkings.

  1. Definisies en interpretasie
  2. In hierdie Reëls sal die volgende woorde, tensy anders vermeld of teenstrydig is met die konteks waarin dit voorkom, die volgende betekenisse dra. Ander woorde wat van dieselfde oorsprong as hierdie woorde is (dit wil sê verwante woorde), sal ooreenstemmende betekenisse dra:

    1. “AgriRewards-lid”, beteken geregistreerde deelnemers aan die AgriRewards-skema;
    2. AgriRewards-skema” beteken die Senwes Groep Bonusskema vir kliënte van die Senwes Groep, van tyd tot tyd deur die Raad goedgekeur (en gewysig) soos in die AgriRewards-bonusskemareëls bepaal;
    3. “Bydraes” beteken ʼn persentasie van die wins van deelnemende besigheidseenhede in die AgriRewards-skema wat aan geregistreerde boereverenigings betaal word;
    4. “Boerevereniging”, beteken 'n vrywillige vereniging van boere met ʼn kollektiewe doel, en sluit boerestudiegroepe in wie se lede geregistreerde AgriRewards-lede is en wat, ingevolge hierdie Reëls, vir AgriRewards Plus geregistreer is;
    5. “Kwalifiserende boereverenigings” beteken 'n geregistreerde boerevereniging, ingevolge hierdie Reëls;
    6. “Senwes” beteken Senwes Beperk, ʼn publieke maatskappy met registrasienommer 1997/005336/06, en sluit sy filiale in, hierin ook na verwys as die “Senwes Groep”; en
    7. “Reëls” beteken hierdie Reëls, wat van tyd tot tyd deur Senwes in sy uitsluitlike diskresie gewysig kan word.
    8. Die heersende AgriRewards-bonusskemareëls, in terme van definisies, dispute en algemene bepalings en voorwaardes, is mutatis mutandis van toepassing op AgriRewards Plus.

  1. Stigting en toepassing
  2. Die Senwes Groep kan jaarliks ʼn persentasie van die wins van deelnemende lede bydra tot boereverenigings wie se lede geregistreerde AgriRewards-lede is, gebaseer op die waarde van die besigheid wat deur die boerevereniging se AgriRewards-lede met deelnemende besigheidseenhede in die Senwes Groep gedoen word.

    Hierdie kontantvoordeel (Bydrae) word deur die Senwes Groep befonds en is bykomend tot huidige toekennings aan AgriRewards-lede. Hierdie bydraes word volgens Senwes se uitsluitlike diskresie bepaal, gebaseer op die geskatte winste vir ʼn finansiële jaar en die beskikbaarheid van fondse op ʼn jaarlikse basis.

    AgriRewards Plus bied ʼn gestruktureerde manier om skenkings aan gemeenskappe te kanaliseer met die boereverenigings as die kanaal.

    Die bydraes word bereken op die waarde van die besigheid wat die AgriRewards-lede van die kwalifiserende boerevereniging per jaar doen.

    Toepassing van Bydraes en Reëls

    Die Senwes Groep sal die bydrae tot die kwalifiserende boerevereniging maak. Die boerevereniging besluit om, in sy uitsluitlike diskresie, die bydrae aan te wend vir enige gemeenskaps- of verwante maatskaplike voordele-inisiatiewe, soos infrastruktuurverbeterings of herstelwerk, om te skenk aan, of vir die finansiering van die kerk, skool of ouetehuis, of vir hulp met enige ander gemeenskapsopheffing of verwante projek.

    Die Bydrae word gemaak op die voorwaarde dat:

    • Senwes word die geleentheid gebied om die geleentheid/skenking wat verskaf word te dek en die geleentheid/skenking op verskillende media en sosiale platforms te publiseer; en
    • Verteenwoordigers van die Senwes Groep word genooi vir ʼn besigheidsverwante gesprek/vergadering met die boerevereniging ten minste een keer per finansiële jaar.
    1. Die waarde van die besigheid wat gedurende elke maand met die Senwes Groep gedoen is, sal gebruik word om die opgelope bydraes te bereken en sal apart van die AgriRewards-voordele vir elke AgriRewards-lid verantwoord word;
    2. ʼn Minimum bedrag van R1 000,00 (een duisend rand) moet beskikbaar wees as ʼn bydrae tot die krediet van die boerevereniging alvorens aansoek om betaling gedoen kan word;
    3. Indien die opgelope jaarlikse bydrae per boerevereniging minder as R10 000,00 (tienduisend rand) is as gevolg van die waarde van die besigheid gedoen, of enige verwante rede in ʼn spesifieke area, sal ʼn bedrag van R10 000,00 (tien duisend rand) jaarliks beskikbaar wees, volgens die uitsluitlike diskresie van Senwes, om by die opgelope bydrae van die boerevereniging te voeg;
    4. AgriRewards-lede kan ʼn ander boerevereniging wysig en nomineer om sy/haar bydrae jaarliks te ontvang, slegs vir die tydperk van Mei tot Julie;
    5. In die geval dat ʼn terugskrywing van toewysing gemaak word na die opgelope toewysing van ʼn AgriRewards-lid se rekening, om verskeie redes, sal die bydrae wat aan die boerevereniging gemaak is ook teruggeskryf word.

  1. Registrasie
    1. Lede van die boerevereniging moet vir AgriRewards registreer voordat hulle aan AgriRewards Plus kan deelneem;
    2. AgriRewards-lede kan aansoek doen vir registrasie van die boerevereniging by Senwes by www.senwes.co.za/rewards of op die Senwes-toepassing (Android en iOS).

  1. Om aansoek te doen vir betaling van die Bydrae
    1. Betaling van opgelope bedrae sal onderhewig gemaak word aan:

    2. Die beskikbaarheid van ʼn bedrag van ten minste R1 000,00 (een duisend rand) tot krediet van die boerevereniging;
    3. Dat die boerevereniging ʼn ondernemersrekening by Senwes geopen het en die aangewese bankrekening en vereiste FICA-dokumente vir die betaling van die bydrae verskaf het;
    4. Dat die boerevereniging skriftelik per e-pos by die AgriRewards Plus-span aansoek gedoen het vir betaling;
    5. Die verifikasie van die opgelope toekennings van AgriRewards-lede; en
    6. Die verifikasie van bydraes.
    7. Daarbenewens:

    8. 'n Maksimum van 50% (vyftig persent) van die opgelope bydrae sal gedurende die eerste jaar van AgriRewards Plus aan die boereverenigings uitbetaal word.
    9. Die balans van die opgelope bydrae, soos aangedui in 5.6 hierbo, sal op versoek na 30 April 2024 uitbetaal word; en
    10. Daarna sal opgelope bydraes op versoek uitbetaal word en slegs een keer per jaar (boekjaar) onderhewig aan hierdie Reëls.

5. AgriRewards Plus-span:

Senwes Corporate Marketing: Francois RedelinghuysMariette Hugo
Tel: 018 464 7327Tel: 018 464 7505
Sel:072 689 9113Sel:076 412 9756
E-pos: [email protected]E-pos: [email protected]

6. Communication to Participants and Members

The terms and provisions determined by the Board as provided for in clauses 2.2 shall be communicated to Scheme Members and Participants in the most appropriate manner as the Board may determine from time to time.

7. Prevailing legislation and Terms of Use

It is hereby recorded that Scheme Members and Participants:

7.1 Shall be required to comply with prevailing legislation from time to time and more specifically shall be

required to provide "know your client information" as required and defined in terms of the Financial Intelligence Centre Act no 38 of 2001, as amended from time to time;

 

7.2 shall be required to elect to participate in the Scheme on a voluntary basis by accesing www.senwes.co.za

 and accepting the Scheme Rules and the Terms of Use before being able to become a Scheme member or a Participant.

 

APPROVED AND ADOPTED BY THE SENWES BOARD ON 20 APRIL 2016

English